Igor Girkin

Igor Girkin in 2015.

Igor Vsevolodovich Girkin (Russies: Игорь Всеволодович Гиркин) (gebore 17 Desember 1970 in Moskou) is 'n Russiese militaris en politikus. Hy is ook bekend onder die skuilnaam Igor Strelkov (Russies: Игорь Стрелков).

Igor Girkin was ’n kolonel van die Russiese militêre intelligensiediens (GRU) en was een van die militêre leiers van die separatistiese Volksrepubliek Donetsk in die 2014-oorlog in die ooste van die Oekraïne.

Girkin is deur 'n Nederlandse regsbank in Den Haag tot lewenslange tronkstraf gevonnis en ’n internasionale arrestasiebevel is uitgereik vir sy betrokkenheid by die afskiet van Malaysia Airlines-vlug 17.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search